Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Mini-Krieket

Organiseerder:  Sal aangekondig word

Seisoen: Kwartaal 3




Die KFC mini-krieket het afgeslaan en die spanne is reeds hard aan die oefen. Alle o/6 - o/9 seuns en dogters is welkom om deel te neem. Van laas jaar was daar 'n groei in spelergetalle veral by die o/6 & o/7. Daar is 7 seunsspanne en 1 dogtersspan. Dit beteken daar is ongeveer 70 spelers betrokke by die spanne.

Jaarliks word daar aan die begin van die seisoen 'n ouervergadering gehou in die KDP-lokaal. By die vergadering word die bestuur en afrigters gekies. 

Die afsluiting aan die einde van die seisoen is ook 'n groot hoogtepunt. Die spelers word bederf met 'n waterkaskenades en ontvang KFC sertifikate.


Oefentye: 

Sal deurgegee word


Drag:

Voorpos Sportgholfhemp en maroen KDP broek.

Gholfhemp beskikbaar by die Kantoor. 


Foto's sal aan die einde van die 3de kwartaal geplaas word.