Inskrywings vir Gr RR & R en 2 - 7 is oop vir 2020.
Inskrywingsvorm kan by die kantoor afgehaal word of u kan die onderstaande dokument aflaai, voltooi en by die kantoor indien.
Belangrik:
Die vorm moet asb VOLLEDIG voltooi word. Die volgende dokumentasie moet die vorm vergesel:
· Afskrif van die leerder se geboortesertifikaat
· Afskrif van beide ouers / voogde se ID dokumente
· Afskrif van rekenpligtige se ID dokument
· Bewys van rekenpligtige se permanente woon- en posadres (Munisipale rekening)
· Afskrif van egskeidingsbevel (Indien van toepassing)
· Beëdigde verklaring indien enkelouer en toepaslike redes
· Afskrif van immuniseringskaart (Slegs graad 1)
Dit is elke ouer / voog se verantwoordelikheid om die skool van die nuutste / veranderde inligting te verwittig.
U is welkom om die inskrywingsvorm hieronder af te laai:
Inskrywingsvorms 2021