Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Skaak

Organiseerder:  Mary-Ann Thuynsma

 

Afrigter:  Gretha van den Berg

 

Seisoen: Reg deur die jaar
























Afrigter:  Mev. G. vd Berg

Buite-afrigter:  CC Linde

Oefentye:  Elke Maandag en Woensdag direk na skool tot 15:00

                    Kleuterskool:  Elke Donderdagoggend

 

Skaak is ‘n sport wat nie seisoengebonde is nie, maar regdeur die jaar gespeel word.  Die eerste kwartaal word bestee aan oefening en vriendskaplike wedstryde ter voorbereiding vir die streekliga wat in die tweede kwartaal gespeel word en die distrikfinaal en topskole wat in die derde kwartaal plaasvind.  Normale oefening gaan in die vierde kwartaal voort. 

'n Informele Skaak openingstoernooi word in Februarie gespeel om almal in die skool die geleentheid te bied om te kom kennis maak met skaak.  Alhoewel dit nie 'n kompetiesie is nie, is dit 'n groot geleentheid en ander skole woon ook graag hierdie toernooi by.

Spanne:  Sewe spanne neem aan die ligas deel nl:  ‘n Dogtersspan, o/9 A en B, o/11 A en B asook o/13 A en B gemengde spanne.  ‘n Span bestaan uit 6 spelers plus ‘n reserwe.  Spelers speel in bordvolgorde, waar die sterkste speler bord 1 speel.  Uitdunne vind plaas tydens die interhuis, maar spelers kan mekaar daag om na ‘n hoër bordnommer te vorder.

Ligas:  Twee tipes ligas vind plaas nl. Individuele liga en spanliga.  Beide hierdie ligas word eers in streekverband gespeel.  Die wenner en naaswenner van die streek neem dan aan die Distrikfinaal deel.  Die wenner en naaswenner van die distrik speel dan Gauteng Topskole en van daar neem hulle aan die SA kampioenskappe deel.

Alle wedstryde – vriendskaplik en ligas word altyd in volle skooldrag gespeel.

Ons het in 2018 vir die eerste keer aan die Arnold Classic buitelugtoernooi deelgeneem.  Dit was 'n groot ervaring vir ons spelers en dit sal nou 'n jaarlikse instelling word om aan hierdie baie gesogte toernooi deel te neem.  Spelers wat deelneem, betaal 'n fooi van R 100.00.

             

Erkenning deur die skool:  Ligawenners ontvang sertifikate tydens die prysuitdeling.  Drie trofeë word oorhandig nl: aan die senior speler van die jaar, die junior speler van die jaar en die mees belowende speler.  

Erekleure word gegee wanneer 'n speler individueel of in spanverband vir die skool (nie vir 'n klub nie) tydens die Topskole/Gauteng-Noord deelname eerste of tweede plek behaal.