Leerders is verplig om die amptelike skooldrag van die skool te dra. Sportdrag word deur leerders self aangekoop. By alle geleenthede waar leerders hulle skool verteenwoordig, asook by formele funksies, is die dra van formele-, informele- of sportdrag, soos vooraf besluit, verpligtend. Die skoolbestuur mag met klasse reël om informele drag op ‘n Woensdag skool toe aan te trek as beloning of erkenning. ‘n Leerder wat verjaar mag op die dag van sy/haar verjaardag informele klere aantrek, maar moet steeds binne die reëls bly wat betref haarstyl, aanwending van grimering en die dra van juwele. Die oorskakeling van somer- na winterdrag en omgekeerd geskied na gelang van weersomstandighede, maar met 1 Mei as keerdatum vir winterdrag en 1 September vir somerdrag.
Meisies met lang hare moet dit vleg of in ‘n poniestert vasbind. Hierdie reël geld ook in die geval van hare wat die kraag van die skoolrok raak. Slegs linte, “Alice bands”, balletjies en haarrekke (“scrunchie”) in wynrooi, ougoud of geel mag gedra word. Hare mag nie in die oë hang of los langs die gesig gedra word nie. Die enigste juwele wat vir dogters toegelaat word, is ‘n seëlring en klein goue / silwer knoppies of ringetjies (een in elke oor). Slegs goud/silwer/swart horlosies word toegelaat. Geen kostuumhorlosies mag gedra word nie. Slegs allergie- en Crisis-on-call-bandjies/hangertjies word toegelaat. Seuns se hare moet kortgeknip wees en mag nie aan die hempskraag raak of oor die ore gekam word nie. Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie. Hare mag nie gejel of gekleur word nie. Absolute netheid betreffende die liggaam, klere, hare en naels word vereis.
3. Liggaamlike Opvoeding (KDP)
Meisies en seuns
‘n KDP-hemp met ‘n wynrooi sportbroek.
KDP-drag is slegs by die skool se kantoor beskikbaar.
Groottes beskikbaar:
Hemp: 5-6 jaar tot 4XL
Broek: nommer 24 – 48
4. SPORTDRAG
Sportdrag:
‘n Skoolsporthemp, skoolsportkouse (Totiusdal Handelshuis), wynrooibroek en/of skoolsweetpak is verpligtend na sportgeleenthede.
Skoolure (wanneer tekkies aangetrek word): Skoolsportkouse en ‘n oorwegend wit sporttekkie.
Sportgeleenthede word in sportdrag of skooldrag bygewoon.
Atletiek
Wynrooi atletiekbroek en -hempie (Totiusdal Handelshuis).
Wynrooi lang / kort kleefbroek kan onder die atletiekbroek gedra word.
Sweetpakke – slegs skoolsweetpakke word toegelaat.
Swem
Wynrooi swemdrag vir seuns en meisies.
Geel swempette is verpligtend.
Ander sportsoorte se drag
Soos deur die onderskeie sportsoorte bepaal.
Slegs eerste spanne mag spesiale klere dra.
5. Klerebank
Vir die gerief van die ouers is daar ‘n klerewinkel by die skool beskikbaar. Klere wat in ‘n goeie toestand is, word teen billike pryse verkoop. Omdat die klerebank afhanklik is van donasies van ouers kan ons ongelukkig nie voorraad beskikbaarheid waarborg nie.
6. Leweransier van Amptelike Skooldrag
Totiusdal Handelshuis, Codonialaan, Waverley. Geen ander leweransier het toestemming om ons skooldrag te verkoop nie.