Leerders is verplig om die amptelike skooldrag van die skool te dra. Sportdrag word deur leerders self aangekoop. By alle geleenthede waar leerders hulle skool verteenwoordig, asook by formele funksies, is die dra van formele-, informele- of sportdrag, soos vooraf besluit, verpligtend. Die skoolbestuur mag met klasse reël om informele drag op ‘n Woensdag skool toe aan te trek as beloning of erkenning. ‘n Leerder wat verjaar mag op die dag van sy/haar verjaardag informele klere aantrek, maar moet steeds binne die reëls bly wat betref haarstyl, aanwending van grimering en die dra van juwele. Die oorskakeling van somer- na winterdrag en omgekeerd geskied na gelang van weersomstandighede, maar met 1 Mei as keerdatum vir winterdrag en 1 September vir somerdrag.
Somerdrag:
Somerdrag:
Winterdrag:
Meisies met lang hare moet dit vleg of in ‘n poniestert vasbind. Hierdie reël geld ook in die geval van hare wat die kraag van die skoolrok raak. Slegs linte, “Alice bands”, balletjies en haarrekke (“scrunchie”) in wynrooi, ougoud of geel mag gedra word. Hare mag nie in die oë hang of los langs die gesig gedra word nie. Die enigste juwele wat vir dogters toegelaat word, is ‘n seëlring en klein goue / silwer knoppies of ringetjies (een in elke oor). Slegs goud/silwer/swart horlosies word toegelaat. Geen kostuumhorlosies mag gedra word nie. Slegs allergie- en Crisis-on-call-bandjies/hangertjies word toegelaat. Seuns se hare moet kortgeknip wees en mag nie aan die hempskraag raak of oor die ore gekam word nie. Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie. Hare mag nie gejel of gekleur word nie. Absolute netheid betreffende die liggaam, klere, hare en naels word vereis.
Sportdrag:
Vir die gerief van die ouers is daar ‘n klerewinkel by die skool beskikbaar. Klere wat in ‘n goeie toestand is, word teen billike pryse verkoop. Omdat die klerebank afhanklik is van donasies van ouers kan ons ongelukkig nie voorraad beskikbaarheid waarborg nie.
Totiusdal Handelshuis
Select Uitrusters Cobhamlaan 1171, Queenswood
SKOOLTYE:
Gr. 1 – 7:
Maandag – Donderdag: 07:25 – 13:45
Vrydag: 07:35 – 13:15