Laerskool Voorpos is een van die min skole in ons omgewing wat kan spog met hul eie swembad. Die swembad is 25 meter met 6 bane waarby ons gereeld spogbyeenkomste hou.
Ons swemseisoen loop van September tot November maar die Voorpos Swemklub oefen reg deur die jaar. Ons neem deel in die die B-liga vir Afrikaanse skole. Ons het slegs een swemspan wat uit ongeveer 65 swemmers bestaan.
Ons nooi u graag uit om ons gala's by te woon en sien hoe geniet ons Dolfynespan dit in die water.
Voorpos Swemklub:
Ons is baie opgewonde oor The Vikings Race Club wat ons swembad en oefeninge behartig.
Oefentye
Graad R - Maandae en Woensdae om 13:15 tot 14:00
Graad 1 en 2 - Maandae en Woensdae OF Dinsdae en Donderdae om 14:00 tot 14:45
Graad 3 tot 7 - Maande tot Donderdae om 14:45 tot 15:30
Kontak gerus vir Gerhard Zandberg by 076 285 8049 of e-pos hom by gerhardzandberg@gmail.com vir meer inligting rakende die kostes
Swemdrag:
Swemklere en Sportdrag beskikbaar slegs by skool.
Erkenning:
Erkenning word deur die skool gegee in die vorm van Erekleure balkies indien swemmers die volgende prestasies bereik:
Vlak 1 - Kwalifiseer vir SA Kampioenskappe en medaljewenner
Vlak 2 en 3 - Kwalifiseer en Finale bereik (Top Tien)