Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Sagtebal

Organiseerder: Tanya Majoor


Seisoen: Kwartaal 3

































Die sagtebalseisoen skop in die derde kwartaal af.  Daar is jaarliks 4 spanne wat deelneem aan die liga. `n Heerlike sagtebaldag word ook jaarliks aangebied voor die seisoen afskop.  Hierdie dag vind gewoonlik plaas op die eerste Saterdag na die Julie-vakansie.  Hierdie wedstryde wat gespeel word is vriendskaplik en afrigters kry dan die geleentheid om spanne te kies en leerders kry geleentheid om net lekker te speel. Met hierdie lieflike sport leer ons leerders om saam te werk as `n span, gemotiveerdheid en `n liefde vir die sport.  

Proewe begin in die tweede kwartaal na die eksamen.


Oefentye sal deurgegee word aan die leerders.