Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Medialeiers

Organiseerder: Dr Joey Fraser

PLIGTE VAN DIE MEDIALEIERS

1.  Elke leier kry 'n bepaalde afdeling in die mediasentrum (rakke met boeke) waarvoor hy/sy verantwoordelik is.

2.   Die rakke wat aan jou toegeken is, moet jy netjies hou.  Pak alle boeke wat by jou naam is weg. Fiksie - alfabeties en vakliteratuur numeries eers en dan alfabeties.

 3.   Jy moet een dag per week jou boeke wegpak. Dit moet op ‘n ander wees as die dag waarop jy aan diens is.

 4.   Jy is ook een dag elke week aan diens in die mediasentrum. Dan moet jy die volgende doen          

Altwee pouses in die mediasentrum wees.

Leerder 1 EN 2  stempel die boeke,

Leerder 3 beweeg tussen die leerders  in die   

mediasentrum en help hulle as daar navrae is.

Leerder 4 staan by die deur, neem die boeke wat  

terugkom,  maak seker dat leerders nie kos inbring nie en kontroleer dat boeke gestempel is en kaartjies uitgehaal is.              

5.   Aan die einde van elke kwartaal moet jy jou rakke kontroleer en seker maak dat alle boeke op die regte plekke staan. Haal boeke wat nie joune is nie, uit en sit dit op die trollie.

6.   Wees pligsgetrou. As jy nie kan kom gedurende ‘n pouse nie, ruil uit. Geniet dit! 

7.   As jy die 3de keer nie opdaag nie, word jy dadelik geskraap as medialeier.