Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Snoepie

Organiseerder: Douglas Craucamp

Daaglikse kontant aankope en kaart fasiliteite beskikbaar.

Daar is 'n verskeidenheid reeds gemaakte etes beskikbaar waarvan u kind kan kies. Alternatiewelik kan u kind 'n bestelling voorskool plaas volgens die spyskaart wat u kind dan pouses of naskool kan kom afhaal.

Weeklikse kospakkies:

Kospakkies word elke dag opgemaak wat sal bestaan uit 'n kos item, koeldrank & vrug / lekkerny. Kospakkies word daagliks deur u kind by die snoepie afgehaal. Dit is weekliks op 'n Maandag vooruitbetaalbaar vir die aantal skooldae in die betrokke week. Pryse wissel van R25 – R30 per dag. 

Indien u van hierdie opsie gebruik wil maak is u welkom om dit met die snoepwinkel personeel te bespreek veral indien u kind enige voorkeure en allergieë het waarvan ons bewus moet wees. Hierdie opsie gee u as ouer die gemoedsrus dat u kind nie net lekkergoed by die snoepie aankoop nie. Asook die situasie vermy waar geld verlore kan raak of dat u kind in lang rye staan.

Maandelikse Vooruitbetaalde Krediet bedrag:

U kan maandeliks 'n bedrag van u keuse by die snoepie inbetaal. U kind kan dan volgens behoefte aankope by die snoepie doen waarvan ons die koste van die aankope dan van die krediet bedrag sal verhaal. Enige krediet van die vorige maand sal oorgedra word an die daaropvolgende maand. 

Ons wil u ook uitnooi om gerus met ons te kom gesels indien u enige behoefte / voorstelle het. 

U kan gerus vir Douglas kontak indien enige vrae by 0741588417.















Ons Spyskaart:


Menu.pdf (417.8KB)
Menu.pdf (417.8KB)